Abstract taken from Opsommings, Bloemfontein, 1971, pp. 98-99:
Die afsetting van die gesteentes van die Sisteem Damara is gevolg deur intense orogenese wat grootskaalse regionale metamorfose tot gevolg gehad het. Volgens die mineralogiese samestelling het 'n temperatuur van 590-635 °C. met 'n druk van 1-2 kbar geheers. Gesteentes wat nóg dieper deur die orogenese begrawe is, het anatektiese smelting ondergaan en later as 'n diapiriese graniet, die Salemgraniet, ingedring
Die Salemgraniet kan as 'n laattektoniese graniet beskryf word. Die mineralogie, tekstuur en veldverhoudings van die graniet bevestig hierdie gevolgtrekking. Pegmatitiese laat-fases van die Salem-graniet kom in die Damaragesteentes sowel as in die graniet self voor
Karoodoleriet dring aIle gesteentes, veral die Tsaun-gesteentes, intensief binne. Die gange het 'n algemene noordoosstrekking
Die gesteentes van die Sisteem Damara is aan ten minste drie periodes van plooiing onderwerp. Die interaksie van hierdie plooirigtings het grootskaalse koepelvorming tot gevolg gehad
Abstract by author: