Abstract taken from Opsommings, Bloemfontein, 1972, pp. 133-135:
Hierdie studie het verder aan die lig gebring dat die Karakoel- stoetbedryf 'n effektiewe hierargiese teeltstruktuur aanneem waarin die Neudammstoetkudde 'n oorheersende rol speel. Die effektiewe aantal kuddes wat vaders in die ouerlike generasie voorsien, is ongeveer 6 in 1960 en 12 in 1970, terwyl die ooreenstemmende waardes vir die vierde generasie 2, 06 en 1, 71 vir 1960 en 1970 onderskeidelik is, wat op 'n toenemende sentralisasie van die bedryf dui
Die Karakoelbedryf is ten opsigte van sy topteeltmateriaal in 'n groot mate van die Neudammkudde afhanklik soos uit die totale genetiese bydrae van die kudde tot die stoetbedryf blyk. Hierdie waardes is 49, 53 en 51, 84 persent vir 1960 en 1970 onderskeidelik
Die Neudammkudde bestaan uit ongeveer 550 ooie, wat moontlik kan meebring dat genetiese verbetering gaandeweg teen 'n stadiger tempo kan plaasvind mits die kudde drasties vergroot word. 'n Vergroting van die kudde kan teeltvordering bevoordeel. Dit geld ook vir ander vooraanstaande kuddes
Die gemiddelde graad van inteelt in aIle stoetkuddes is betreklik laag as in gedagte gehou word dat die stoetbedryf in so 'n groot mate van een kudde afhanklik is. Die waardes was 3, 51 en 3, 59 persent vir 1960 en 1970 onderskeidelik soos vanaf vier-generasie-stambome beraam
Die totale inteelt in die Neudammkudde het in 1970 op ongeveer 25 persent relatief tot die basispopulasie van 1915 te staan gekom. Die inteelttoename het 'n maksimum van 9, 64 persent in 1965 relatiev tot in 1944 bereik, wat aan die onderverdeling van die kudde in lyne toegeskryf kan word. Die bydrae van kuddegrootte tot die totale inteelt is op 11 persent beraam. Gedurende die tydperke 1930 tot 1940 en 1965 tot 1970 is die kudde in 'n sekere mate in lyne verdeel terwyl dit gedurende die tydperk 1945 tot 1960 as 'n homogene eenheid ten opsigte van verwantskap beskou kon word, aangesien geen lynteling plaasgevind het nie. Die doelbewuste verdeling van die kudde in lyne sedert 1963 kan tot gevolg he dat die inteelttoename versnel en die seleksiedifferensiaal verlaag word omdat seleksie en die gebruik van voortreflike ramme tot die lyne beperk kan word
Die beramings van die graad van inteelt verskil aansienlik tussen die drie metodes gebruik, en die "kortmetode van Wright" vanaf twee lyne blyk nie geskik te wees vir betroubare beramings van inteeltkoëffisiënte nie
Ouderdom het 'n hoogs betekenisvolle (P 0, 01) invloed op die lampersentasie. Die aantallammers per ooi per jaar gebore, styg van 0, 750 vir tweejaar-oud ooie tot 'n maksimum van 0, 877 vir vyfjaar-oud ooie. Daarna daal dit betreklik vinnig tot 'n minimum van 0, 636 vir tienjaar-oud ooie. Die frekwensie meerlinggeboortes is laag, en daar is skynbaar 'n styging met toenemende ouderdom. Die mortaliteit in die Neudammkudde is van geboorte af tot 18 maande ouderdom, dit wil sê met eerste paring, besonder hoog, waarna dit betreklik laag is. Dit styg weer van 2, 56 persent af by 4½-jaar-oud ooie
Die invloed van verskeie kudde-statistieke soos die ouderdomstruktuur, lampersentasie, mortaliteit, ouderdom van ramme met eerste paring en die persentasie ramme gebruik, is ondersoek en dit is teoreties aangetoon dat bulle 'n beduidende invloed op die relatiewe jaarlikse teeltvordering uitoefen. 'n Toename in beide die aantal ram- en ooi-ouderdomsgroepe bring 'n daling in die relatiewe jaarlikse teeltvordering teweeg. Die optimum samestelling verskil by verskillende lampersentasies. 'n Toename in die mortaliteit en 'n daling in die lampersentasie het ook stadiger teeltvordering tot gevolg. Paring van ramme en ooie op 'n jonger ouderdom en die gebruik van minder ramme bring vinniger teeltvordering mee. Hierdie teoretiese strukture is met dié van die Neudammkudde vergelyk, en dit is aangetoon dat 'n verhoging in die lampersentasie waarskynlik die meeste tot vinniger teeltvordering sal bydra. Ramme behoort na 'n intensiewe gebruik op 2½ jaar uitgeskakel te word. Alhoewel die individuele bydrae tot vinniger teeltvordering deur genoemde faktore afsonderlik as klein mag voorkom, sal die gesamentlike invloed daarvan aansienlik wees
As gevolg van die genetiese belangrikheid van die Neudammkudde en die hoë eise wat daaraan gestel word, is dit nodig dat die teeltdoeltrelrendheid van hierdie kudde so hoog moontlik moet wees. 'n Vergroting van die kudde, die verhoging in die aanteeltempo in die kudde en meer intensiewe gebruik van ramme op 'n jonger ouderdom is waarskynlik van die belangrikste faktore wat tot nog hoer teeltdoeltrelrendheid sal lei. Daarbenewens moet die bestaan van die "lyne" heroorweeg word. Die effektiwiteit van teeltplanne is in 'n groot mate van betroubare kuddestatistieke afhanklik. Hierdie studie werp meer lig op sekere aspekte van hierdie aard wat van wesentlike belang in die bedryf is