None provided. The following is taken from the author's preface:
Die feit dat daar tot op hierdie tydstip Dog 'n waas van geheimsinnigheid oor die verlede van die noordelike gebiede van Suidwes-Afrika gehang het, was seker een van die eerste redes waarom hierdie studie onderneem is. In ander studies is daar hoogstens sydelings na Ovamboland verwys. Die soektog na meer gegewens oor Ovamboland voor 1915 het egter verrassende resultate opgelewer en die sIuier gelig oor 'n tydperk en gebied waaroor daar oor die algemeen weinig bekend was. Hierin is m. i. die grootste waarde van die studie gelee
Ovamboland was van vroeg af 'n geisoleerde gebied en die Ovambo's het derhalwe nie met ander volkere in botsing gekom nie. Hierdie isolasie is doelbewus deur die Duitse Regering tussen die jare 1885 en 1915 behou omdat hulle nie wou toelaat dat Ovamboland in die vir die Ovambo's verwarrende Westerse beskawing ingetrek word nie. Daarom is die gebeure wat in Ovamboland plaasgevind het hoofsaaklik van plaaslike belang. Tog maak dit deel uit van die groot proses van aanraking tussen blankes en swartes oor Afrika heen en staan dit in skerpe teenstelling met die verloop van daardie selfde proses in die res van Suidwes- Afrika. In die wyse waarop die aanraking tussen die Ovambo's en blankes plaasgevind bet, Iê derhalwe die tweede punt van waarde van hierdie onderwerp