'n Geohidrologiese ondersoek van die artesiese kom, Stampriet, Suidwes-Afrika select="/dri:document/dri:meta/dri:pageMeta/dri:metadata[@element='title']/node()"/>

DSpace Repository

Show simple item record

dc.contributor.advisor Hodgson FDI en_US
dc.contributor.author Tredoux Gideon en_US
dc.date.accessioned 2013-07-02T14:08:34Z
dc.date.available 2013-07-02T14:08:34Z
dc.date.issued 1981 en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/11070.1/3295
dc.description.abstract Abstract by author: en_US
dc.description.abstract Geohidrologiese klassifikasie van veertig persent van die waterbronne is bewerkstellig deur 'n sistematiese ontleding van die boorverslae en op grond daarvan is die hidrochemie in elke akwifeer ondersoek in een van die intensiefste studies van sy soort in daardie wêrelddeel. Die geohidrochemiese evolusie binne elke akwifeer word in hierdie studiestuk beskryf en die fisies-chemiese en biochemiese prosesse wat op die grondwater inwerk, word geïdentifiseer. Bakteriese nitraatreduksie, wat met die oksidasie van sulfied gepaard gaan, en ioonuitruiling is die belangrikste prosesse in die ingeperkte Auob- en Nossob-akwifeer en gesamentlik lei dit tot die ontwikkeling van 'n nitraatvrye natrium-water. Denitrifiserende bakterieë is deurentyd in die grondwatet aanwesig, maar reduksie vind eers plaas wanneer die anoksiese sone bereik word. In die Nossobakwifeer vind fiksasie van kalium deur illiet plaas en_US
dc.description.abstract In die Kalaharilae, wat wesenlik oningeperk is, bestaan die geohidro-chemiese evolusie daarenteen hoofsaaklik uit die oplossing van soute en konsentrering deur evapotranspirasie, gevolg deur presipitasie van kalsiet. Dit lei uiteindelik tot die ontstaan van 'n natrium-chloried-sulfaat-bikarbonaatwater met 'n hoë soutgehalte en_US
dc.description.abstract Die verband tussen die hidrochemie en die mineralogie van die akwifeer word aangetoon deur stabiliteitsdiagramme gebaseer op die aktiwiteite van die chemiese spesies. Daarvolgens is die grondwater in al die akwifere in ewewig met kalsiet. Silikaatminerale is ewe belangrik en die van die kaoliengroep is 'n besliste faktor in die bepaling van die hidrochemie in die artesiese sandstene. In die basalt daarenteen, word die hidrochemie deur minerale van die montmorilloniet tipe beheer en_US
dc.description.abstract Duidelike regionale tendense in die geohidrochemie is geïdentifiseer en 'n rekenaarprogram is ontwikkel wat aan die hand van derde orde polinomiese tendensvlakke die hidrochemie by enige bepaalde punt in elk van die akwifere simuleer. Vervolgens is 'n passingsroetine ontwikkel sodat enige grondwater-ontleding op grond van die bron se geografiese posisie aan die hidrochemie van elke akwifeer gepas kan word ten einde die oorsprong van die water met uitmuntende sekerheid te identifiseer. Gemeet aan die byna onoorkomelike probleme om boorgate met lekkende voerings, boorgate wat te diep geboor is en ander problematiese gevalle op 'n ander wyse uit te ken, is hierdie hidrochemiese tegniek van onskatbare waarde, temeer omdat die passingsroetine voortdurend verfyn kan word soos bykomende inligting versamel word en_US
dc.description.abstract Deur hierdie navorsing is kennis spesifiek oor die geohidrologie van die Artesiese Kom Stampriet, ingewin, maar terselfdertyd is die benutting van die geohidrochemie as 'n onontbeerlike hulpmiddel in sodanige ondersoeke gedemonstreer en_US
dc.format.extent xviii, 297 p en_US
dc.format.extent 30 cm en_US
dc.language.iso afr en_US
dc.subject Artesian waters en_US
dc.subject Geohydrology en_US
dc.subject Stampriet en_US
dc.subject Boreholes en_US
dc.title 'n Geohidrologiese ondersoek van die artesiese kom, Stampriet, Suidwes-Afrika en_US
dc.type thesis en_US
dc.identifier.isis F099-199502130001683 en_US
dc.description.degree Bloemfontein en_US
dc.description.degree South Africa en_US
dc.description.degree University of the Orange Free State en_US
dc.description.degree Ph D en_US
dc.masterFileNumber 1676 en_US


Files in this item

Files Size Format View

There are no files associated with this item.

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record