Die musieklewe van Windhoek vanaf 1890 tot 1971 select="/dri:document/dri:meta/dri:pageMeta/dri:metadata[@element='title']/node()"/>

DSpace Repository

Show simple item record

dc.contributor.advisor Human JLK en_US
dc.contributor.author Van Biljon Ernst Hendrik en_US
dc.date.accessioned 2013-07-02T14:08:37Z
dc.date.available 2013-07-02T14:08:37Z
dc.date.issued 1983 en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/11070.1/3318
dc.description.abstract Abstract taken from Opsommings, Bloemfontein, 1983, pp. 106-107: en_US
dc.description.abstract Die kerkkoor van die Duitse Evangeliese Lutherse Kerk is in 1910 spesiaal vir die inwyding van die Christuskirche gestig en het tot in die vroeë vyftigerjare gereeld aan die sogenaamde Motetten (gewyde aandkonserte) deelgeneem. Die Christuskirche het deur die jare die middelpunt van die kerkmusiek in Windhoek gevorm en_US
dc.description.abstract 'n Orkes, die Windhuker Musikfreunde, is in 1920 gestig en het tot in 1939 'n belangrike rol in Windhoek gespeel en_US
dc.description.abstract Hans Müller was die leier van die mannekoor, kerkkoor en orkes. Hy was ook orrelis van die Christuskirche. Na die Tweede Wêreldoorlog het Willi Frewer as dirigent van die Windhoekse Simfonie-orkes 'n leidende rol op musiekgebied begin speel. Vanaf 1956 het Ernst Scherer met sy kore 'n groot bydrae tot die openbare beoefening van musiek gelewer. Hy het tot 1971 gereeld kooruitvoerings gehou en operas en operettes opgevoer en_US
dc.description.abstract Voor die Tweede Wêreldoorlog het die Windhuk Trio wat van 1921 tot 1936 bestaan het, en die Frewer-, Kehrmann- en Hatterscheidt-trio wat van 1935 tot 1937 bestaan het, veel tot die bevordering van kamermusiek in Windhoek bygedra. Tussen 1953 en 1970 het die Windhoekse Strykkwartet 'n belangrike bydrae tot die plaaslike musieklewe gelewer en_US
dc.description.abstract Hoewel musiekaanbiedinge deur die jare in getal en omvang toegeneem het, was die kunstenaars steeds amateurmusici. Die inisiatief het van indiwidue soos Hans Muller en Willie Frewer uitgegaan. Staatsgesubsidieerde musiekaanbiedinge het eers met die totstandkoming van die Suidwes-Afrikaanse Raad vir die Uitvoerende Kunste (SWARUK) en die Staatskonservatorium 'n aanvang geneem. Die S. A. Kunsvereniging (Windhoek-tak) het wel musiekkonserte gesubsidieer, maar die doelwit was die invoering van buitelandse musici en nie soseer die ontwikkeling van plaaslike talent nie en_US
dc.description.abstract Musiekonderrig het op privaatbasis geskied en in die drie oudste skole is nie veel meer as skoolsang aangebied nie. In 1960 is klavieronderrig amptelik by regeringskole ingestel. Die Deutsche Höhere Privatschule het deur die jare altyd 'n skoolkoor en -orkes gehad en het gereeld konserte gehou. Die Convent of the Holy Cross het in 'n mindere mate ook konserte gehou, en aktief aan die musiekeksamens van die Trinity College deelgeneem. Die Windhoekse Hoërskool het voor die sestigerjare nie veel op musiekgebied gedoen nie. Vanaf 1960 is klavierlesse in skooltyd aangebied en in 1962 is Musiek as skoolvak ingestel en_US
dc.description.abstract Vanaf 1928 is daar, op 'n paar uitsonderings na, elke twee jaar 'n kunswedstryd in Windhoek gehou en_US
dc.description.abstract Kunstenaars vanuit Suid-Afrika en die buiteland het Windhoek sedert so vroeg as 1899 besoek. Dit was aanvanklik seldsame gebeurtenisse en die besoekende kunstenaars het konserte meesal op eie inisiatief en koste gereël en aangebied. Met die toename in lugverkeer in die jare vyftig het die besoeke toegeneem en toe organisasies soos die S. A. Kunsvereniging en SWARUK konserte begin borg bet, het gaskunstenaars gereeld opgetree en_US
dc.description.abstract Gewyde musiek is in die Christuskirche uitgevoer, terwyl musiek van sekulêre aard in die sale van hotelle, klubs en skole aangebied is totdat die Kunsteater op 3 Oktober 1960 ingewy is en_US
dc.description.abstract Die politieke onsekerheid het ook 'n sterk invloed op Windhoek se musieklewe gehad. Dit is waarskynlik om hierdie rede dat musici gekom en gegaan het. Die feit dat min hulle lank daar wou vestig, was een van die groot probleme waarmee die Windhoekse Simfonie-orkes deur die jare te kampe gehad het en_US
dc.description.abstract Die volgende persone het 'n besondere bydrae tot die musiek in Windhoek gelewer: Hans Muller (1885-1955), Willi Frewer (1911-1969), Heinrich Voigt (datums onbekend), dr. Max Weis (1901-1972), Gerald Fainsinger (1914-), dr. Hans Maske (1927-1976), Ernst Scherer (1925-), dr. Friedrich Hornburg (1911-1969) en mev. Ruthilde Hillig. "" en_US
dc.format.extent x, 342 p en_US
dc.format.extent ill en_US
dc.language.iso afr en_US
dc.subject Windhoek en_US
dc.subject Music en_US
dc.title Die musieklewe van Windhoek vanaf 1890 tot 1971 en_US
dc.type thesis en_US
dc.identifier.isis F099-199502130001704 en_US
dc.description.degree Bloemfontein en_US
dc.description.degree South Africa en_US
dc.description.degree University of the Orange Free State en_US
dc.description.degree M Mus en_US
dc.masterFileNumber 1697 en_US


Files in this item

Files Size Format View

There are no files associated with this item.

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record